Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

PINKDRIVE TER ONDERSTEUNING VAN GEMEENSKAPSGESONDHEID

September 2021.

Gesondheid is gedurende September in die kollig geplaas met ’n tweedaagse veldtog wat op sifting, vroeë opsporing en gesondheidsopvoeding vir tagtig gemeenskapslede gefokus het. Die veldtog is deur die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab befonds en in samewerking met PinkDrive en die departement van gesondheid aangebied.

Belinda Farmer, ’n inwoner van Loeriesfontein wat uit die gesondheidsinisiatief gebaat het sê: “Persoonlik is dit baie belangrik vir my om getoets te word, aangesien kanker baie vinnig versprei. Die toetse is verniet gedoen, so in my opine is dit ’n baie goeie inisiatief wat die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab befonds het. Voorkoming is beter genesing.”

Bykans 80 mammogramme is op vroue van die gemeenskap gedoen. Kliniese borsondersoeke, ultraklank-skanderings en servikale smere is ook gedoen. Mans van die gemeenskap is ook aangemoedig om siftingstoetse vir prostaatkanker te ondergaan.

“Hierdie inisiatief bied die gemeenskap toegang tot noodsaaklike gesondheidsondersoeke as deel van ons sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogram, aangesien toegang tot publieke gesondheidsdienste beperk is en die koste daarvan dikwels mense uitsluit,” sê Vanessa Fredericks, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg.

“Siftingstoetse, vroeë opsporing, opvoeding en bewusmaking kan lewens red aangesien behandeling vroeër kan begin, indien nodig,” sê Fredericks.