Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

ONDERSTEUNING AAN GRAAD 12-LEERLINGE OM BY DIE ‘NUWE NORMAAL’ AAN TE PAS

September 2020.

Die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab het na konsultasie en beraadslaging met die Namakwa-distrik se onderwysdepartement besluit om befondsing beskikbaar te stel sodat rekenaartablette, wi-fi, data en geheuestokkies vir die dorp se laerskool en hoërskool aangeskaf kan word. Dit is deel van ons COVID-19-gemeenskapsondersteuningsprojek.

Die finale jaar van hoërskool is ‘n belangrike mylpaal in enige jong mens se lewe. Die impak van die COVID-19-virussiekte het bygedra dat baie gr. 12-leerlinge selfs meer gestres en angstig voel as wat normaalweg die geval sou wees. Buiten die druk wat hulle by die skool ervaar moet hulle nou boonop die uitdagings van die wêreldwye gesondheidspandemie en die ontwrigting wat dit veroorsaak het, ook hanteer.

“Ons is vol vertroue dat hierdie ondersteuning Hoërskool Loeriesfontein se matriekleerlinge sal help om by die ‘nuwe normaal’ aan te pas en die uitdagings wat die pandemie geskep het te trotseer,” verduidelik Vanessa Fredericks, bestuurder van ekonomiese ontwikkeling by die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte.

Gr.12 is waarskynlik die mees opwindendste jaar in ’n leerling se skoolloopbaan aangesien die een hoofstuk afgesluit word en jongmense uitsien na die volgende hoofstuk van hul jong volwasse lewens. Die COVID-19-pandemie het ongetwyfeld wesenlike uitdagings vir die groep van 2020 geskep.

Hoërskool Loeriesfontein het 13 tabletrekenaars, ’n jaar se voorraad van data, sowel as geheuestokkies ontvang. Hierdie toerusting sal gr.12-leerlinge help om op te vang en op hoogte van hul kurrikulum te bly. Die geheuestokkies sal met die oordrag van inligting vanaf die onderwyser se rekenaar na die leerling se toestel help.

“Die tabletrekenaars en data sal matriekleerlinge help om op die regte pad met hul studies te bly en al die werk in hul finale skooljaar te voltooi,” sê Zelda Zuricka Vos, skoolhoof van Hoërskool Loeriesfontein. Sy het haar dank namens leerlinge en onderwysers uitgespreek.