Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

MOBIELE KLINIEK BEVORDER GESONDHEID BY SKOLE

November 2021.

Gesondheidsifting vir honderde leerlinge by skole in Loeriesfontein, sowel as lede van die gemeenskap het oor ’n tydperk van 16 dae in Oktober plaasgevind. Meer as 30% van die dorp se bevolking is gedurende dié tydperk getoets. Die veldtog is deur die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab befonds. Siftingstoetse is in ’n spesiaal ingerigte mobiele kliniek gedoen, deur ’n span wat uit ’n gesondheidsafrigter, professionele verpleegster, optometris en ’n tandheelkundige terapeut bestaan. Die mobiele kliniek het Loeriesfontein Hoërskool en Loeriesfontein Primêre Skool besoek.

Altesaam 600 pasiënte het toetsing vir tuberkulose, oogtoetse, gehoortoetse, tandheelkundige ondersoeke en voedingstatus assesserings ondergaan. Gesondheidsopvoeding is gebied en daar is selfs fisiese assesserings gedoen om motoriese vaardighede te bepaal.

“Hierdie soort gesondheidsorg en ondersteuning is noodsaaklik vir die kinders in die gemeenskap van Loeriesfontein, aangesien die dorp beperkte toegang tot gesondheidsorg fasiliteite het. Die naaste tandarts is baie ver van die dorp af en mense moet dikwels baie geld betaal om tot by ’n gesondheidsorgfasiliteit te ry,” verduidelik Vanessa Fredericks, besuurder van Ekonomiese Ontwikkeling by die Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg. Die program word as deel van die windkragaanlegte se sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogram befonds.

’n Bewusmaking rondom persoonlike higiëne, maatreëls wat kan help om die verspreiding van die COVID-19-virussiekte te voorkom en ander gesondheidskwessies is ook gedoen.