Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

MATRIEKKLAS VAN 2021 VIER BETER UITSLAE

Maart 2022.

Loeriesfontein Hoërskool se matriekslaagsyfer het in 2021 met 36% verbeter danksy ’n psigososiale ondersteuningsprogram wat van stapel gestuur is om graad 12-leerders met die nodige selfkennis en vaardighede toe te rus om hul akademiese prestasie te verbeter.

Die Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg het hul gewig agter dié psigososiale ondersteuningsprogram, wat deur Neuro-Link geïmplementeer is, ingegooi. Dit volg nadat die skool en die departement van onderwys vroeër die behoefte aan ondersteuning geïdentifiseer het om die matriekslaagsyfer te verbeter.

“Die pandemie het ’n nadelige uitwerking op die leerders sowel as die skoolstelsel gehad en ons het met Neuro-link se hulp die moontlikheid van ‘n psigososiale program vir graad 12-leerders ondersoek. Die program het leerders gehelp om bykomende stres in hul matriekjaar te hanteer en probleme met die inhaal van werk te takel. Dit het leerders ook gehelp om die algehele sosiale impak van die pandemie by die huis aan te spreek,” sê Mushai Louw, leerling projekbeampte by die Loeriesfontein-windkragaanleg.

Verdere ondersteuning is ook aan die skool gebied in die vorm van ’n bykomende wiskunde onderwyser, die skenking en installasie van elektroniese slimborde (interaktiewe borde) vir klaskamers, befondsing vir sweetpakke vir leerlinge, beroepsvoorligtingswerkswinkels en bystand met aansoek vir tersiêre onderrig.