Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LOERIESFONTEIN PRIMêRE SKOOL ONTVANG ‘n NUWE SKOOL BUS

Junie 2022.

Loeriesfontein Primêre Skool was opgewonde vir die ontvangs van ‘n splinter nuwe bus wat laas maand op 4 Mei 2022 oorhandig was. Meer as 400 leerlinge sal baat vind by die toegang tot vervoer, veral diegene wat deelneem aan buitedorpse sport, kulturele en akademiese aktiwiteite.

“Voorheen was dit nie moontlik vir leerlinge om deel te neem aan skool aktiwiteite wat buite Loeriesfontein plaasgevind het nie as gevolg van die gebrek aan vervoer. Die ondersteuning sal ook die leerlinge die vrymoedigheid gee om aan buitemuurse aktiwiteite, wat deur die skool aangebied word, deel te neem,” veduidelik Venessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelings bestuurder by Loeriesfontein-windkragaanleg wat ook die fondse voorsien het vir die verskaffing van die skool bus.

Die voertuig bied ook die onderwysers die geleentheid om werkswinkels by te woon en hulle dus beter voorberei om leerlinge tot hulle maksimum potentiaal te onderrig. Hierdie aktiwiteite help met die holistiese ontwikkeling van die leerlinge.

“Met hierdie ondersteuning sal leerlinge kan deelneem aan skool sport dae en buitemuurse aktiwiteite soos die van WOW en die Eisteddfod teen ‘n laer begroting. Dit sal ook leerlinge die vrymoedigheid gee om aan akademiese gebeure deel te neem,” het skoolhoof van Loeriesfontein Primêre Skool, Joline Klaaste, afgesluit.