Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

KOLLIG OP DIE GESONDHEID

Augustus 2019

’n Veldtog wat op die gesondheid van vroue gefokus het is laasweek ter viering van Vrouemaand in Loeriesfontein gehou. Die klem was op vroeë opsporing van kanker.

“Anders as hul eweknieë in stede moet vroue van die platteland dikwels ver reis om by die naaste kliniek of hospitaal uit te kom sodat hulle hulself kan laat ondersoek. Terwyl ’n mammorgram nie noodwendig borskanker kan voorkom nie kan vroeë opsporing beslis help om sterftes voorkom,” verduidelik Vanessa Fredericks, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab.

Die geleentheid is in samewerking met die department van gesondheid aangebied. Sestig vroue van die plaaslike gemeenskap het van die geleentheid gebruik gemaak om noodsaaklike gesondheidstoetse te ondergaan. Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe die privaatsektor hul kapasiteit kan uitbou deur die publieke sektor te help om primêre gesondheidsorg in afgeleë gebiede te lewer.

Die Revival-kliniek en die department van gesondheid het ’n reeks gesondheidsorgdienste aan inwoners van Loeriesfontein gelewer. Dit sluit elektroniese papsmere, mammogramme, oogsorg, MIV-toetse, bloeddruktoetse, bloedsuikertoetse en ander liggaamlike ondersoeke in.