Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

JONG LOERIESFONTEIN-VROUE VERKRY WAARDEVOLLE ERVARING

Julie 2025.

Twee jong vroue van Loeriesfontein, Marshe Strauss (23) en Kezia Souw (26), doen waardevolle praktiese ervaring op as deel van ‘n span kabeltegnici wat aan ‘n grootskaalse kabelvervangingsveldtog werk. Deur hierdie geleentheid ontwikkel hulle praktiese vaardighede in turbinebedrywighede en neem hulle belangrike stappe in die bou van hul loopbane in die hernubare energieveld.

Hul reis het in 2022 begin toe hulle gekies is om deel te neem aan die Global Wind Organisation (GWO) opleidingsprogram, befonds deur die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte. Hierdie opleiding het die grondslag vir hul loopbane gelê en hulle toegerus met noodsaaklike veiligheids- en tegniese vaardighede wat in hierdie veld benodig word.

“Hierdie soort ondersteuning wys hoe plaaslike vaardigheidsontwikkeling ‘n langtermyn-impak kan skep. Deur te belê in tegniese opleiding vir jongmense in ons gemeenskappe, skep ons toegang tot betekenisvolle loopbaangeleenthede en bevorder ons sterker geslagsverteenwoordiging in STEM en die hernubare energieruimte,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte, gesê.

Marshe en Kezia, wat nou as Junior Hystegnici in diens is, is getaak met hysbedrywighede as deel van ‘n Siemens Gamesa Renewable Energy (SGRE)-geleide veldtog wat ontwerp is om die veiligheid en doeltreffendheid van turbinebedrywighede by Noupoort windkragaanleg in die Noord-Kaap te verbeter.

“Ons werk elke dag op hoogtes en verseker dat gereedskap en kabels veilig in die torings gelig word. Dis intense werk, maar ook baie belonend,” het hulle verduidelik.

Marshe en Kezia se boodskap aan jong vroue wat loopbane in STEM oorweeg, is: “Hou aan leer en nuwe uitdagings aanpak, en weet dat wat ‘n man kan doen, kan ‘n vrou ook doen.”

Met die oog op die toekoms is beide Marshe en Kezia vasbeslote om in die windenergiesektor te groei. “Ons wil ons tegniese en leierskapsvaardighede bou, met mentors in skakel en voortgaan om ons loopbane te bou.”