Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

HOËRSKOOL SKAAKSPAN BRING TWEE MEDALJES HUIS TOE

’n Groep talentvolle jong skaakentoesiaste van Hoërskool Loeriesfontein het onlangs aan ’n skaaktoernooi in Williston, Noord-Kaap deelgeneem en twee medaljes huis toe gebring. Die span, bestaande uit ses leerders, het hul skool met groot vasberadenheid verteenwoordig as deel van die Rise and Excel-program.

Die span, bestaande uit Christopher Okhuis, Deogan Swarts, Shonrey-Lee Basson, en Fabian Muller, het merkwaardige suksesse gevier, uitgelig deur Dewido Beukes wat ‘n silwermedalje gewen het en Eathon Strauss wat ‘n bronsmedalje huis toe gebring het.

“Ek is opgewonde en trots op ons span se uitstaande prestasie in die skaakkompetisie. Om te sien hoe ons leerders groei en hul kritiese denkvaardighede, strategiese beplanning en sportmangees ontwikkel, was ‘n ongelooflike reis. Hierdie prestasie is nie net ‘n bewys van hul individuele talente nie, maar ook ‘n weerspieëling van die ondersteunende en samewerkende gees van ons hele skoolgemeenskap. Ek sien uit daarna om hul volgehoue groei en sukses in die toekoms te sien,” het Zitrom Steenkamp, skaakspan se afrigter, uitgespreek.

Met vervoer wat deur Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte befonds is, het die span na Williston gereis waar hul reis begin het met ‘n vriendskaplike wedstryd, wat op 24 Augustus 2024 geëindig het met ‘n formele kompetisie, waar hulle teen vaardige jong spelers van regoor die streek die stryd aangesê het.

“Skaak is meer as net ‘n speletjie vir hierdie leerders, dit is ‘n poort tot kognitiewe ontwikkeling, verbeterde akademiese prestasie en die slyp van kritieke lewensvaardighede. Deur die dissipline van skaak bou hierdie leerders selfvertroue op, versterk hulle fokus en ontwikkel strategiese denkvermoëns wat hulle tot ver buite die skaakbord sal bevoordeel,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesftontein en Khobab-windkragaanlegte, afgesluit.