Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

WISKUNDEPROGRAM HELP LEERLINGE

August 2018.

’n Analitiese program met verskeie fasette word gebruik om leerlinge van  Hoërskool Loeriesfontein te help om wiskunde baas te raak. Die skool sukkel al vir lank met ’n afname in die getal leerlinge wat wiskunde tot op seniorvlak neem. Slegs een van die matriekleerlinge van 2018 neem wiskunde as vak. ’n Aansienlike gedeelte van die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte se besteding op sosio-ekonomiese ontwikkeling gaan aan hierdie program, wat daarop gemik is om leerlinge se agterstand in wiskunde te takel en onderwystegnieke te verbeter.

 “Ons is ten volle bewus dat Suid-Afrika met ’n agterstand sit waar dit by die getal leerlinge kom wat wiskunde tot in gr. 10 neem. Ons weet ook dat die slaagsyfer vir wiskunde in gr.12 baie laag is. Dit is waarom ons besluit het om ’n groot gedeelte van ons ontwikkelingsbefondsing op hierdie program te bestee,” verduidelik Vanessa Fredericks, die bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die Loeriesfontein-windkragaanleg.

Altesaam 86 wiskundeleerlinge tussen gr. 8 en gr. 12 van Hoërskool Loeriesfontein neem aan die wiskunde-program deel. Die program help hulle om ses jaar se werk in ’n enkele jaar op te vang. Die doel van die program is om leerlinge se begrip en vaardigheid in wiskunde te verbeter en sodoende hul wiskundepunte aansienlik op te stoot in die komende eksamen.

Danksy die ontwikkelingsprogram het leerlinge nou ook werkboeke en permanente satelliet-internet tot hul beskikking.
“Sosio-ekonomiese toestande is taai en om die leerlinge gemotiveerd te kry bly ’n uitdaging. Ons hoop dat die internettoegang, wetenskaplike sakrekenaars, handboeke, wiskunde-stelle en werkboeke leerlinge se motivering en punte sal verbeter.” Sê Fredericks.