Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

VERBETERING VAN VROEëKINDERONDERWYS

Julie 2024.

Die kinders, gesinne en personeel van Loerie Vinkie Crèche in Loeriesfontein vier die broodnodige opgradering van hul infrastruktuur, moontlik gemaak deur ‘n plaaslike gemeenskapsontwikkelingsprogram. Hierdie noodsaaklike opknappings, wat ontwerp is om die leeromgewing vir kinders van 3-5 jaar te verbeter, beklemtoon ‘n diepgaande verbintenis tot gemeenskapsgroei en vroeë onderwys.

“Die onlangse opgraderings by die crèche het ons en die gemeenskap baie bevoordeel deur te help om ‘n veilige en gesonde omgewing vir ons leerders te bevorder. Ons is innig dankbaar vir die finansiële bydraes, wat ‘n beduidende positiewe impak op ons skool gehad het. Hierdie ondersteuning het ook ons praktisyns aangemoedig om met groter selfvertroue en entoesiasme by hul onderrig betrokke te raak,” het Loerie Vinkie Skoolhoof, Brumilde Hugo, gesê.

Die crèche, wat tot 40 kinders akkommodeer, word bestuur deur ‘n toegewyde beheerliggaam van sewe gemeenskapslede, en beskik nou ook verbeterde fasiliteite, insluitend klaskamers, speelareas en buitelugruimtes. Die opknappings, wat vroeër vanjaar voltooi is, ná die toekenning wat in Desember 2023 ontvang is, spreek langdurige uitdagings soos finansieringsbeperkings, infrastruktuurbehoeftes en gemeenskapsbetrokkenheid aan.

Die opknappings, wat deur Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte gefinansier word, sluit in die herstel van wasbakke en toiletherstelwerk, verf van die gebou, installering van ’n sementblad voor die klaskamer, asook die bou van ’n afdak voor die klaskamer.

“Ons samewerking met die Sentrum vir Vroeë Kinderontwikkeling om hierdie ondersteuning te verskaf, is ‘n bewys van ons verbintenis tot die bevordering van vroeë kinderonderwys. Die verbeterings wat ons gemaak het is ontwerp om ‘n veiliger, gesonder en meer innemende omgewing vir die kinders te skep, wat ons glo deurslaggewend is vir hul ontwikkeling,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte gesê.

Benewens hierdie opknappings, is die windkragaanlegte ook aktief betrokke by die uitbreiding van die kwaliteit en kwantiteit van dienste wat by die crèche aangebied word. Daarbenewens is gesinsuitreik- en speelgroepaktiwiteite geïmplementeer om kwesbare gesinne en kinders te ondersteun wat nie vroeë kinderontwikkelingsfasiliteite bywoon nie.

Boonop ondersteun die Departement van Onderwys die kleuterskool deur middel van kwartaallikse subsidies vir kos, salarisse en oorhoofse koste. Hulle verskaf ook opleiding en doen gereelde kurrikulumhersiening om hoë standaarde van vroeë onderwys te verseker