Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

OU SWARTBORDE MAAK PLEK VIR NUWE ELEKTRONIESE SLIMBORDE

November 2019

Met behulp van e-tegnologie gryp skole in Loeriesfontein nou die 21ste eeu aan. Ou swartborde maak plek vir elektroniese slimborde wat help om die opvoedkundige omgewing te verbeter en onderwys tot voordeel strek.

Die slimborde help veral met wiskundeklasse vir leerlinge vanaf gr.4 tot gr.7 by die plaaslike laerskool. Die hoërskool gebruik weer hul slimborde in klaskamers om aardrykskunde, taalvakke, lewenswetenskap, natuurwetenskap, wiskunde en tegnologie aan te bied.

Die Khobab-windkragaanleg het onlangs geld beskikbaar gestel vir die aankoop van sewe elektroniese slimborde vir Loeriesfontein Primêre Skool en Hoërskool Loeriesfontein.

’n Slimbord is ’n interaktiewe vertoonskerm waarop beelde met behulp van ’n rekenaar op geprojekteer word. Dit stel onderwysers in staat om vakke aan te bied sodat leerlinge dit beter kan verstaan. Die borde het raakskerms en jy kan jou vingers gebruik om dinge op die bord rond te skuif. Daar is ook verskillende kleure penne waarmee jy op die bord kan skryf.

“Studies toon dat hierdie tegnologie die leerervaring in klaskamers verbeter, geletterdheid verbeter, effektiwiteit verbeter en ook leerlinge se begrip verbeter,” verduidelik Vanessa Fredericks, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab.

Dit vorm deel van die windkragaanlegte se fokus op onderwys wat ook befonsing van grondslagfase wiskunde- en wetenskaponderwysers, vaardigheidsontwikkeling, geletterdheid en wiskundige geletterdheidsprogramme insluit.