Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LOERIESFONTEIN WISKUNDEPROGRAM VERBETER SELFVERTROUE

Augustus 2021.

Onderwysers en leerlinge van Loeriesfontein het onlangs ’n wiskunde versnellingsprogram bygewoon om hulle met die nodige wiskundige vaardighede en metodes toe te rus om dié bul by die horings te takel en die vak beter te kan verstaan.

Altesaam sewe wiskunde onderwysers en 140 leerlinge (Graad 8 tot Graad 12) van Loeriesfontein Hoërskool, het die twee dag lange werkswinkel in Mei bygewoon. Die werkswinkel is daarop gemik om wiskunde punte te verbeter deur leerlinge en onderwysers met die nodige vaardighede toe te rus. Die onderwysers en leerlinge het reeds hul nuwe vaardighede in die klaskamer begin toepas.

“Die seminaar het my ’n nuwe uitkyk op wiskunde as vak gegee en my gewys hoe om leerlinge te help om leerstruikelblokke te oorkom. Vir ’n onderwyser soos ek is dit baie waardevol. Ek kan met selfvertroue sê dat ek beter toegerus is om leerlinge te help om hul punte te verbeter,” vertel mnr. Eddie Sampson, wiskunde onderwyser (Graad 8 tot Graad 9) en departementshoof by Loeriesfontein Hoërskool.

dkragaanleg en Khobab-windkragaanleg befonds en deur My Maths Buddy aangebied. Leerlinge en onderwysers het tydens die seminaar ook leerhulpbronne ontvang.

“Ons ondersteun hierdie projek as deel van ons verbintenis om leerders se uitslae in die sogenaamde STEM-vakke (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde) in die Loeriesfontein-gemeenskap te verbeter. Saam met ander ingrypings, opleiding aan onderwysers, ondersteuning aanleerlinge en befondsing van tegnologie in die klaskamer, hoop ons om ’n beter en meer gevorderde leeromgewing te skep,” sê Vanessa Fredericks, bestuurder vir Ekonomiese Ontwikkeling by Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg.