Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LOERIESFONTEIN BEURS ONTVANGERS

Maart 2023.

Anna Pieters en Grantham Nel, albei ontvangers van die plaaslike windplaas se beursprogram, het onlangs hul Baccalaureusgraad in Onderwys voltooi. Wat nog meer opwindend is, is dat hulle albei by Laerskool Loeriesfontein aangestel is, wat hul vaardighede en talente binne die plaaslike gemeenskap behou.

As voormalige hoofmeisie en hoofseun by die skool is Anna en Grantham bly om hierdie pos aangebied te word, wat moontlik gemaak is deur befondsing deur Loeriesfontein en Khobab-winkragaanlegte. Hulle sal onderskeidelik dien as die nuwe Skoolbeheerliggaam (SBL) Grondslag- en Intermediêre Fase-opvoeders.

“Die rede hoekom ek gekies het om ’n onderwyser te word, is omdat ek ’n positiewe verskil in kinders se lewens wil maak. Ek is dankbaar om saam met onderwysers te kan werk wat my geleer het en om terug te gee aan my ou laerskool,” het Grantham gesê.

Anna het haar B Ed-graad by CPUT voltooi, terwyl Grantham sy B Ed-graad by die Universiteit van Stellenbosch voltooi het – albei van hulle het verlede jaar hul grade voltooi.

“Gegewe die hoë koste verbonde aan tersiêre studies, kan baie studente nie bekostig om ‘n hoëronderwysinstelling by te woon nie. Ons beursprogram bied ‘n geleentheid vir ons gemeenskap se jeug om toegang tot kwalifikasies deur geakkrediteerde instellings te verkry,” verduidelik Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte, befondsers van hierdie beursprogram, as deel van die breër Sosio-Ekonomiese Ontwikkelingsinisiatief.