Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

152m

height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

170 000

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

GESONDHEID VAN VROUE BY LOERIESFONTEIN

September 2020.

’n Twee dag lange inligtingsveldtog oor gesondheidsorg vir vroue is verlede week in Loeriesfontein aangebied en deur ongeveer 80 inwoners bygewoon. Dit het gehandel oor toetsing en vroeë opsporing. Die inligtingsessies het die ideale geleentheid gebied om vroue oor belangrike gesondheidskwessies aan te spreek en was ‘n goeie voorbeeld van hoe die privaatsektor met openbare instellings kan saamwerk om primêre gesondheidsorg na inwoners van landelike gebiede te bring, waar toegang tot dokters en gesondheidsorg soms beperk is.

“Die opleiding wat ons met vroue gedoen het was breedvoerig. Vroue is selfs geleer hoe om hul immuniteit te versterk om hulle teen die COVID-19-virussiekte te beskerm,’ vertel suster Basson, van die Revival-gesondheidskliniek. Sy verduidelik dat volle liggaamskandering, wat tydens die geleentheid op vroue gedoen is, gesondheidsorgpraktisyns gehelp het om orgaanfunksies, sowel as immuniteit te toets, wat baie belangrik is.

Hoewel sommige van hierdie gesondheidsdienste plaaslik beskikbaar is, moet vroue dikwels ver afstande tot by die naaste kliniek of hospitaal reis vir gespesialiseerde liggaamsskanderings en mammogramme. Met die wete dat vroeë opsporing kan help om sterftes aan siektes soos borskanker te voorkom, ondersteun die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab hierdie veldtog as deel van ons gemeenskapsontwikkelingsprogram.

“Hoewel talle vroue wel in staan is om na die hospitaal op Vredendal te gaan, is die kostes wat private gesondheidsorgfasiliteite vra dikwels te veel vir sommige inwoners om te bekostig. Hierdie jaarlikse gesondheidsgebeurtenis bied ’n gratis diens en ope deure aan inwoners wat nie hospitaalfooie kan bekostig nie,” sê Vanessa Fredericks, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte.

In samewerking met die Revival-kliniek en Suster Grobbelaar van die department van gesondheid en haar span, kon die geleentheid op ’n veilige manier aangebied word met inagneming van die vereistes rondom sosiale afstand.